Tenderloin in suikerriet met mango blatjang

Die Franse naam pas waarskynlik baie goed by die gaste: “Turnedos grille en papilote de sucre de cane”. ’n Verrassende gereg met ’n oosterse aanslag. Die kombinasie van soet en sout verrig wonderwerke. Die vleis word beskerm deur die suikerriet en deur die hoë temperatuur van die braaier, begin die (suiker) sappe kook en karameliseer op die vleis. Die sout smaak van sojasous, die lekker braai smaak van die vleis en die effense bitter aspersies maak die gereg ’n juweel.

Bestanddele

4 x Tenderloins van ongeveer 180g elk
1 x skeut sojasous
100g groen aspersies
sesamesaad

Vir die blatjang

1 x mango
1 x groot uit
1 x knoffelhuisie
Halwe teelepel rooipeper
1 teelepel naeltjies
150g suiker
Olyfolie
Ongeveer 2cm gemmer
1 x eetlepel suurlemoensap

Jy het ook nodig

Suikerriet
’n Staal pan
Slagterstou
’n Geperforeerde braaiplaat

Metode:

  1. Skil ’n mango en sny die vrug in klein blokkies. Verwyder die saadjies uit die rooi soetrissie en sny in dun skyfies. Skil en kap die uit fyn. Maak die gemmer en knoffel ook fyn.
  2. Verhit ’n bietjie olyfolie in die staalpannetjie op die braaier saam met die mango, ui en knoffel. Voeg na 10 minute die peper, naeltjies en gemmer by en laat alles stadig prut vir ongeveer 30 minute. Voet die suiker by en laat nog 10 minute stadig prut. Verwyder die pan van die braaier en voeg ’n klein bietjie suurlemoensap by.
  3. Verdeel die suikerriet in vier gelyke stukke. Dit gaan die maklikste wees met ’n saag. Krap met ’n mes die beskermende lagie vet van die riet af en sny dit in dun repe van ongeveer 3mm. Gooi ’n paar druppels sojasous oor die Tenderloins en pak dit op die skywe suikerriet. Bind dit stewig vas met slagterstou en laat die smaak effens intrek.
  4. Sny of breek die onderkant van die groen aspersies af en lê dit neer op die braaiplaat. Besprinkel met ’n bietjie olyfolie en vryf goed in.
  5. Sorg vir lekker warm kole en plaas die rooster op een hoër rak as die laagste. Braai die Tenderloin ’n paar minute (4 tot 5 minute) per kant en plaas die rooster op die hoogste rak. Laat die vleis nog ongeveer 5 minute braai. Braai intussen die groen aspersies en besprinkel met sesame saadjies. Verwarm (indien nodig) die mango blatjang op die rooster. Dien die vleis op “as is”.