Produkte: Groot 5 oorsig

Wat ons
alles vir
jou het

Ons groot 5

Vir elke behoefte het
ons ’n perfekte produk

Die groot vyf is ’n bekende naam in Afrika. Oorspronklik is dit veral jagters wat hierdie term gebruik het maar nou is die geweer vir ’n kamera verruil. In plaas van patrone, word daar nou hoofsaaklik foto’s geskiet van hierdie pragtige diere. Enige iemand wat op ’n Safari-reis is, hoop om die groot vyf te sien: die Buffel, die Leeu, die Luiperd, die Renoster en die Olifant. As jy daarin slaag om al vyf te sien, was jou reis na die wildtuin suksesvol. Vir braaiers het ons ons eie groot vyf saamgestel. Jy kan dit hier sien.

By Comfort Trade kan jy seker wees dat jy ook jou braai by ons groot vyf sal vind. Of jy nou oppad is, in die tuin of op die stoep wil sit of net eenvoudig binne wil braai, ons bied die perfekte braaier vir elke plek. Net soos elke safari-reisiger hul eie gunsteling dier het, het braaiers ook hul persoonlike voorkeure. Afhangend van die ligging of geleentheid, kan jy maklik jou ideale braaier uit ons wye verskeidenheid kies.

Die Comfort Five groot vyf bestaan uit draagbare, vrystaande, ingeboude en ekstreme braaiers met die bykomstighede as ’n spesiale kategorie.

Draagbare Braaier

Wil jy altyd en oral ’n braai geniet? Dit is moontlik met ons draagbare braaiers.

Vrystaande Braaier

’n Vrystaande braaier in jou tuin of op jou stoep?
Geen probleem.

Ingeboude Braaier

’n Braaier as deel van jou buitekombuis? Of net binne?

Ekstreme

Gaan jy vir ’n buitengewone braaier? Ons soek graag die uiterstes op.

Bykomstighede

Wil jy jou braaier so bietjie iets ekstra gee? Ons bied jou alle opsies.

Grootte gesoek

Is jy op soek na ’n ekstra spesiale braai-instrument? Saam kan ons vir jou daarna soek.

Laai die pdf brosjure af met ons volledige produkreeks
Laai pdf af met alle tegniese spesifikasies

Waar kan
jy dit koop?

Alhoewel braai in Suid-Afrika ontstaan en bemeester is, word dit wêreldwyd geniet. Vir elke moontlike geleentheid, bied Comfort Trade jou ’n braaier wat perfek by die geleentheid pas. ’n Draagbare of losstaande braaier vir die tuin of op die stoep... Of ’n ingeboude braaier vir jou lapa en jou kombuis. Deur middel van ons uitgebreide handelsnetwerk, kan jy die braaier vind wat perfek by jou behoeftes pas. Op die manier kan jy, jou vriende en jou familie ’n braai hou, uit die boeke uit

Bly op hoogte

Bly op hoogte van sake en 
teken aan vir ons digitale opdaterings.

Die Braai Gemeenskap is altyd besig met nuwe tegnieke en resepte. Ons hou u op hoogte van alle nuwe verwikkelinge, van resepte tot lekker kampvuur stories en die plekke om te wees.

    Volg ons ook op: