Geroosterde kreef met chillie knoffelolie en geroosterde prei

Dit is ’n lekker en eenvoudige kreef resep. Dit is die perfekte voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse braai by die smaak kan voeg. Die subtiele houtgeure van die braai op kreefvleis is fenomenaal. En weens die uiters hoë temperature van die kole, karameliseer die preie van binne af.

Bestanddele

2 x groot krewe
1 x rooi soetrissie
2 x knoffelhuisies
250ml sonneblomolie
Halwe bos pietersielie
2 x groot preie
Halwe suurlemoen
Varsgemaalde peper en sout

Jy het ook nodig

Sosatiestokkies
Geperforeerde braaibak
‘n Kastrol

Metode:

  1. Gooi die sonneblomolie in ’n kastrol (met ’n staalhandvatsel) en voeg ’n knippie sout by. Haal die pitte uit die rooi soetrissie en sny dit in dun ringetjies. Kap die knoffelhuisies fyn en voeg albei bestanddele by die soneblomolie. Verhit die olie baie stadig oor die rooster en laat dit vir ’n halfuur rus.
  2. Steek die krewe in n vinnige beweging met ’n skerp mes deur die kop. Plaas die krewe in ’n groot pan kookwater en kook die krewe presies 2 minute. Haal die krewe uit die pan, laat dit afkoel en skei die kop van die stert deur die stert en kop in teenoorgestelde rigtings te draai. Haal die pote van die kreef af en breek die kloue oop. Die maklikste manier om dit te doen is om die kloue ’n paar keer met die agterkant van ’n mes te tik. Breek die dop dan los asof jy ’n eier afdop.
  3. Plaas die witvleis op ’n gesmeerde, geperforeerde roosterbak. Gooi die koppe en bene weg of bêre dit vir iets anders. Sit die krewe op hul rug en sny die dop van die maagkant af met ’n skêr sodat die vleis heeltemaal oop is. Steek die sosatiestokkie in die sterte langs die bokant van die skulp sodat die stert nie krul nie.
  4. Sprei ’n lekker gloeiende bed kole uit en plaas die preie direk in die warm kole. Draai dit na ’n paar minute om en sorg dat alle kante mooi verswart is. Haal die prei van die kole af en laat dit rus.
  5. Plaas die krewe op die rooster en braai vir twee minute per kant. Begin met die skulpkant na onder, dan die vleiskant. Plaas die roosterbak met die vleis van die kloue die laaste twee minute op die rooster en draai die kloue na 1 minuut om. Haal intussen die buitenste laag uit die preie en sny die preie in dun ringetjies.
  6. Haal alles van die braaier af en plaas dit op ’n bord. Bedruip die krewe en kloue met die chilli-knoffelolie en besprinkel met ’n bietjie gekapte pietersielie en die geroosterde prei ringe. Druk ’n halwe suurlemoen oor die kreefvleis en sprinkel uiteindelik vars gemaalde swartpeper en sout oor.