Bros braaibrood
van die vuurvark.

’n Vuurvark is ’n tradisionele Suid-Afrikaanse broodoond. Sodra jy die deeg aangemaak het, plaas jy dit in die broodpan in jou vuurvark en dan is dit net ’n kwessie van wag. Plaas jou vuurvark in die kole en voor jy weet, geniet jy ’n heerlike bros brood.

Bestanddele:

500g (wit) meelblom
14ml kits gis
325ml tot 340ml water
10ml sout
5ml suiker

Metode:

  1. Meng die meelblom, sout en gis in ’n lekker groot mengbak. Maak in die middel ’n gaatjie en gooi stadit die 325ml tot 340m warm water by en meng tot ’n lekker stywe deeg. As dit nog te droog is, voeg nog water by.
  2. Knie die deeg op ’n plank waaroor jy ’n bietjie meelblom gestrooi het. Doen dit vir ongeveer vyf minute tot jy ’n gladde deeg het. Maak dan ‘n “rugbybal” van jou deeg en plaas dit in ’n gesmeerde pan. Laat staan die deeg in ’n warm plek vir ongeveer 40 minute om te rys. Deeg moet ongeveer dubbeld die grootte wees. Sny dan met ’n skerp mes ’n paar keer aan die bokant en strooi nog meelblom oor.
  3. Intussen het jy al jou vuurvark vir 30 tot 40 minute voorverhit. Bak die brood vir 40 tot 45 minute tot gaar en ’n goue kors het. Jou brood is gaar as dit hol klink wanneer jy op die onderkant van die brood tik. Moet dit egter nie te veel doen nie, aangesien daar as op die bokant van jou vuurvark lê