Model: Extreme

Geniet
pure luuksheid

Home Fires Monsterbraai
Dirty Harry 2400

Dit is tereg die top model van Home Fires. Alles kom bymekaar in hierdie ultieme braai wat hierdie wonderlike manier van kook en geniet so spesiaal maak. Met twee robuuste kolebakke en drie ruim braai roosters, is daar eindelose opsies vir braai, bak en nog vele meer. Hierdie braaier het verskeie tipes van hittebestand aan die agterkant en geisoleerde kolebakke. Hierdie model het ’n deur aan die onderkant wat ook as ’n werksblad gebruik kan word.

Hierdie monsterbraaier kom standaard met twee kolebakke, ’n swaar vlekvrye staalrooster met soliede stawe van 8mm en twee V-roosters van vlekvrye staal met ’n opvangbak. Twee sosatiestokkies en ’n houer vir die tradisionele gietyster potjie is ingesluit. Die koletang en ’n verhoogde, verwyderbare aspan met drie laaie is ook ingesluit. Daar is ook voorsiening gemaak vir beligting waarvoor ’n porselein montering beskikaar is.

Sleepwaens volgens jou eie mates

Op versoek maak ons sleepwaens volgens jou eie mates met een of meer Home Fires braaiers. Verskeie opsies is beskikbaar. Die spesiale braaier-sleepwaens is ideaal vir spyseniering, slaghuis demonstrasies of ander geleenthede en is ook baie funksioneel vir troues en partytjies by ’n spysenierings onderneming.

Laai die pdf brosjure af met ons volledige produkreeks
Laai pdf af met alle tegniese spesifikasies

Waar kan
jy dit koop?

Alhoewel braai in Suid-Afrika ontstaan en bemeester is, word dit wêreldwyd geniet. Vir elke moontlike geleentheid, bied Comfort Trade jou ’n braaier wat perfek by die geleentheid pas. ’n Draagbare of losstaande braaier vir die tuin of op die stoep... Of ’n ingeboude braaier vir jou lapa en jou kombuis. Deur middel van ons uitgebreide handelsnetwerk, kan jy die braaier vind wat perfek by jou behoeftes pas. Op die manier kan jy, jou vriende en jou familie ’n braai hou, uit die boeke uit!

Bly op hoogte

Bly op hoogte van sake en 
teken aan vir ons digitale opdaterings.

Die Braai Gemeenskap is altyd besig met nuwe tegnieke en resepte. Ons hou u op hoogte van alle nuwe verwikkelinge, van resepte tot lekker kampvuur stories en die plekke om te wees.

    Volg ons ook op: