Meer oor Home Fires braaiers

Alle braaiers
vir binne
en buite

Die beste uit
Suid Afrika

Die beste uit Suid Afrika

Dit is geen geheim dat die oorspronklike braaiers uit Suid-Afrika kom nie. Familie besigheid – Home Fires – het in 1983 as ’n eenmansaak begin en het uitgebrei tot die markleier vir die ontwikkeling en produksie van braaiers. Hulle fabriek is geleë in Worcester, ongeveer 100 kilometer van Kaapstad af. Sedert sy ontstaan, is hier braaiers gemaak van die hoogste gehalte, wat hul weg gevind het na klante binne en buite Suid-Afrika.

Home Fires is ’n toonaangewende maatskappy in die wêreld van die braaiers. Die kombinasie van uitgebreide ervaring, kwaliteit produkte en goeie kliëntediens is die basis vir hulle huidige sukses. Die familiebesigheid kan voortgaan met die innovering en vervolmaak van ’n tradisionele produk soos hierdie braaiers. Gewaarborgde gehalte en persoonlike advies is altyd die beginpunt. Op grond van hierdie vertroue gee Home Fires 15 jaar waarborg op hul produkte.

Kyk hierna

Klik hier op die foto om dit te vergroot

Die robuuste braaiers van Home Fires is van dik staal en word standaard voorsien van roesvrye staal roosters. ’n Braaier word altyd voorsien van minstens een swaar “steak” rooster met soliede stawe van 8mm staal.

Die kolebak in die hart van die braaier is ook goed deurdink.  Die unieke konsep vir die Home Fires kolebak is in 1983 deur die stigter ontwikkel.  Die vorm, die unieke versiering en die geisoleerde rugkant maak die kolebak geskik vir maksimum prestasie.  Die kolebak hang in die braai, wat die trek perfek maak.  Optimale verbranding van die hout word dus gewaarborg.

Alle Produkte – mobiel, vrystaande en ingeboude – het hittebeskermings teen die agterkant en ’n verhoogde en verwyderbare aspan met ’n laai. Die braaier kan uiterste hitte weerstaan as gevolg van die spesiaal deurdagte buig- en sweiswerk. Dit maak dat die braaiers jare se braaiplek kan waarborg. Die braaiers het ’n bo- en onderdeur om dit waterdig toe te maak. Alle ingeboude Produkte word ook voorsien van beligting sodat jy ook in die donker maklik kan sien of die geregte goed gaar word.

Waar kan
jy dit koop?

Alhoewel braai in Suid-Afrika ontstaan en bemeester is, word dit wêreldwyd geniet. Vir elke moontlike geleentheid, bied Comfort Trade jou ’n braaier wat perfek by die geleentheid pas. ’n Draagbare of losstaande braaier vir die tuin of op die stoep... Of ’n ingeboude braaier vir jou lapa en jou kombuis. Deur middel van ons uitgebreide handelsnetwerk, kan jy die braaier vind wat perfek by jou behoeftes pas. Op die manier kan jy, jou vriende en jou familie ’n braai hou, uit die boeke uit!

Soek 'n
braaihandelaar
naby

Braai is ’n
besonderse
ervaring

Neem deel
aan ’n braai
ondervinding

Bly op hoogte

Bly op hoogte van sake en 
teken aan vir ons digitale opdaterings.

Die Braai Gemeenskap is altyd besig met nuwe tegnieke en resepte. Ons hou u op hoogte van alle nuwe verwikkelinge, van resepte tot lekker kampvuur stories en die plekke om te wees.

    Volg ons ook op: