Wat is Braai

Suid-Afrika
op sy beste

24 september
Nationale Braaidag

Beskermheer: Aartsbiskop Desmond Tutu

Braai is die uitmuntende sosiale geleentheid in Suid-Afrika. Sodra hulle die kans kry, reël Suid-Afrikaners ’n braai. Selfs die nasionale vakansiedag “Erfenisdag” is op inisiatief van die wêreldbekende braaier Jan Braai herdoop tot Nasionale Braaidag. Suid-Afrikaners kry jaarliks op 24 September die dag af by die skool en werk en vier dan die verskeidenheid kulture, tradisies en tale. Om die krag en skoonheid van die reënboogland te onderstreep, was die voormalige aartsbiskop Desmond Tutu al jare lank die beskermheer van hierdie nasionale gebeurtenis.

Tutu doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die dag saam te smul aan ’n heerlike braai. En so gebeur dit dan. Almal gebruik hierdie vakansiedag om saam met familie, vriende en selfs die bure te braai. Dit is ook nie sonder rede dat 24 September nou die Nasionale Braaidag vir almal in Suid-Afrika is nie.

Dis is baie duidelik wat op dié dag gebeur. Mense kom tuis of in parke bymekaar en geniet hul kulturele en kulinêre erfenis ten volle.

Braai word natuurlik nie net op hierdie nasionale vakansiedag gedoen nie. Jy kan maar sê dat dit in Suid-Afrika eintlik elke dag Braaidag is. Gelukkig hou hulle nie hierdie nasionale verskynsel vir hulleself nie. Die passie en liefde vir braai het die afgelope jare soos ’n olievlek oor die wêreld versprei.

Eet, vertel
en geniet!

Elke dag is Braaidag in Suid-Afrika. Die volgende vrae is gedurig oop almal se lippe: Wanneer braai ons weer? Daardie vraag is baie maklik om te beantwoord: Noú gaan ons braai! Dit is dan tyd om na die beste braaiplek te soek, en te begin dink aan die lekkerste by-geregte. Wat is die geheime resep vir die perfekte marinade en hoe lank moet die vleis marineer? Wat kom daar nou weer in ouma se Potjiekos? Wanneer presies is die biefstuk gaar? En hoe hanteer ek die ongevraagde raad van my buurman, beste vriend of skoonpa??

Die lekkerste van ’n braai is dat dit altyd en oral moontlik is. Soek ’n beskutte blek, pak ’n vuur en versamel mense rondom jou. Dit is die basis wat in orde moet wees. Die presiese interpretasie van alle geregte en bykosse is gewoonlik nie ’n probleem nie, daar is letterlik eindelose moontlikhede. Die belangrikste is dat jy ‘n lekker braaier het. Of dit nou mobiel, vrystaande of ingebou is; op die regte plek en met die regte geselskap is jy altyd gereed vir ’n braai.

Omdat ons al jare lank braaie organiseer of soms slegs by ander aansluit, het ons al baie braaivleisstories gehoor. Ons is seker dat hulle nie almal waar is nie, maar dit is die moeite werd om na te luister. Rondom ’n braaivleisvuur deel mense hulle verhale, idees en resepte – of jy dit wil hoor of nie. Ons vertel graag hierdie verhale om jou te inspireer. Wil jy ook jou braai-storie deel?

Braaiers is in alle vorms en groottes beskikbaar. Dit maak ’n groot verskil of u saam met ’n klein groepie in die tuin of op ’n stoep gaan braai, of saam met die hele gesin binne wil eet. Alhoewel die omstandighede en die geselskap verskil, is die beginsel van ’n braai altyd dieselfde: jy maak jou eie kole met ’n houtvuur om die suiwer geregte met ’n persoonlike aanslag voor te berei.

Jou braai begin met ’n vaste vuur in die kolemaker. As die hout goed brand, steek dan die vuur met ’n koletang sodat die kole deurval. Dan hoef jy net die kole onder die rooster van roesvrye staal in te skuif en jy kan begin. Maak ook seker dat jy die vuur aan die gang hou, want dan het jy ’n konstante voorraad kole.

As die kole begin gloei, is dit tyd om te begin braai. Natuurlik het jy al alles perfek voorberei, of jy het dit aan jou “Braaispan” toe vertrou . Jy kan die lekkerste geregte op die stewige rooster van vlekvrye staal voorberei. Van groot stukke vleis en groot stukke boerewors tot heel vis of geroosterde groente. Jy kan ook ’n heerlike bredie in ’n potjie op die haak in die braaier hang. Bykomende opsies is ’n spit vir hoender, ander stukkies vleis of pynappel, ’n broodoond vir bros, vars brood wat laag en stadig kook/bak, asook die laaie waarin jy aartappels en groente kan rooster. Wat jy ookal maak, alle disse het die unieke smaak van jou eie kole en braaipassie.

Gelukkig is die braai nog nie verby na die ete nie. Jy hoef net die vuur aan te steek vir perfekte atmosfeer. Op hierdie manier het jy die ideale omgewing om ure lank die kos te geniet en oor die lewe te praat. En moenie vergeet van ’n goeie glas wyn of ’n bier nie. Enige iets anders, na jou smaak, sal natuurlik ook perfek wees.

Soek 'n
braaihandelaar
naby

Braai is ’n
besonderse
ervaring

Neem deel
aan ’n braai
ondervinding

Bly op hoogte

Bly op hoogte van sake en 
teken aan vir ons digitale opdaterings.

Die Braai Gemeenskap is altyd besig met nuwe tegnieke en resepte. Ons hou u op hoogte van alle nuwe verwikkelinge, van resepte tot lekker kampvuur stories en die plekke om te wees.

    Volg ons ook op: