Model: Draagbare Braaier

Die altyd en
oral kan braai

Home Fires
Kampbraai

As jy regtig oral wil braai, is hierdie draagbare Home Fires Kampbraaier die beste oplossing. Alhoewel dit baie kompak is, kan jy dit opvou en saamneem na jou ideale braaiplek. Moenie vergeet dat dit tot 49kg kan weeg nie. Hierdie braaier is volledig toegerus met ’n kolebak en ’n rooster. Die afmetings is 96 x 55 x 165 cm en die rooster oppervlak is 54 x 31 cm. ’n Spit eenheid is ook ’n opsie. Hoe dit ook al sy, jy kan braai waar jy wil.

Home Fires
Jan Braai

In samewerking met die alom bekende Suid-Afrikaanse braaimeester Jan Braai, het Home Fires ’n mini-braaier ontwerp. Hierdie mini braaier pas perfek in ’n spesiale boks, sodat jy dit maklik in die motor kan saamneem. Op die geskikte plek, kan jy dit vinnig opslaan en aan die werk spring. Alhoewel dit ’n mini-braaier is (42 x 32cm), het jy steeds ’n rooster oppervlak van 32 x 32 cm op die klein roostertjie. Die gewig daarvan is 15kg, dit is natuurlik sonder vleis.

Home Fires
Trolley 700

As jy buigsaam wil wees en op verskillende plekke in jou tuin wil braai, kan jy eenvoudig die Home Fires Trolley tot op die regte plek stoot. Hierdie mobiele braaier kan jy gebruik met kole, dan het jy die hele rooster (70 x 50 cm) tot jou beskikking. Jy kan opsioneel ook ’n kolebak gebruik en vir jouself kole maak. Dan is daar ruimte vir ’n rooster van 70 x 46cm. Die braaier word ook gelewer met ’n haak vir ’n tradisionele potjie. Die Trolley het stewige wiele, sodat jy hom maklik en vinnig kan verskuif van een plek na ’n volgende.

Home Fires
Trolley 1200

Die Home Fires Trolley 1200 is ’n mobiele braaier van 120 x 50 cm waarmee jy maklik tot by die beste braaiplek kan beweeg. Hierdie draagbare braaier met stewige wiele het standaard ’n kolebak en twee stewige roosters van 50 x 46 cm vir die beste braai ervaring. Op hierdie manier kan jy maklik twee hitte-sones skep. ’n Potjie houer is ook ingesluit. Waar jy ookal wil, kan jy jou eie kole maak en begin braai. Hierdie Trolley model bied baie ruimte om die lekkerste geregte direk van jou braaier, op die tafel voor te sit.

Laai die pdf brosjure af met ons volledige produkreeks
Laai pdf af met alle tegniese spesifikasies

Waar kan
jy dit koop?

Alhoewel braai in Suid-Afrika ontstaan en bemeester is, word dit wêreldwyd geniet. Vir elke moontlike geleentheid, bied Comfort Trade jou ’n braaier wat perfek by die geleentheid pas. ’n Draagbare of losstaande braaier vir die tuin of op die stoep... Of ’n ingeboude braaier vir jou lapa en jou kombuis. Deur middel van ons uitgebreide handelsnetwerk, kan jy die braaier vind wat perfek by jou behoeftes pas. Op die manier kan jy, jou vriende en jou familie ’n braai hou, uit die boeke uit!

Bly op hoogte

Bly op hoogte van sake en 
teken aan vir ons digitale opdaterings.

Die Braai Gemeenskap is altyd besig met nuwe tegnieke en resepte. Ons hou u op hoogte van alle nuwe verwikkelinge, van resepte tot lekker kampvuur stories en die plekke om te wees.

    Volg ons ook op: