Meer oor ons vennote

Met wie
werk ons

WWOO Beton buitekombuis

Die Nederlandse ontwerper Piet-Jan van den Kommer was op soek na ’n kreatiewe en multifunksionele oplossing om ’n grensheining met ’n buitekombuis te kombineer, die ideale kombinasie van prakties en buitelugpret. Dit was die beginpunt vir die ontwerp van Wall With Other Objects (WWOO), ’n buitekombuis van beton. ’n Konsep wat wêreldwyd suksesvol is. En ’n buitekombuis kan natuurlik nie sonder ’n braaier wees nie. Comfort Trade het spesiaal vir WWOO ’n adapter ontwikkel vir die Home Fries ingeboude braaier 1200. Almal wat kies vir ’n WWOO-buitekombuis, kan die omgewing, goeie geselskap en heerlike braaikos geniet.

Gegewens:

Noordervaart 127
1841 GA
Stompetoren
+31 (0)85 489 62 62
contact@wwoo.nl

Mainfreight – betroubare vervoer

Om te verseker dat ons braaiers ons klante vinnig en onbeskadig bereik, werk ons nou saam met die logistieke vennoot Mainfreight. Hulle sorg dat die braaiers veilig en betyds vanaf Home Fires produksielokasie in Suid-Afrika per houer in Nederland aankom. Hulle doen meer as net vervoer. Benewens vervoer, reel Mainfreight ook inklaring in die Rotterdamse hawe. Hulle lewer dan die braaiers per containers by ons in Meppel, waar ons dit gereed maak vir aflewering. Mainfreight lewer hierdie vinnig en veilig regdeur Europa.

Mainfreight het reeds braaiers vir ons na spesiale plekke vervoer. Van die Switserse berge en die Britse Kanaaleilande tot Duitse brouerye en die Karibiese Eilande. Ongeag die ligging, is dit is altyd ’n feestelike oomblik wanneer ’n braaier, na ’n reis van meer as 14 000km oor oseane en paaie veilig en onbeskadig by ons kliënte aankom.

Gegewens:

Industriestraat 12
7041 GD ‘s-Heerenberg
+ 31 (0)31 467 81 11
info@nl.mainfreight.com

SlowWwood, die perfekte hout vir jou braaier

’n Goeie braai is nie moontlik sonder premium hout nie. Die stigters van SlowWwood het hul oorsprong in Suid-Afrika en verstaan die braai tradisie. Daarom weet hulle presies watter houtsoort die beste kole lewer. Hulle Sekelbos-braaihout is premium en voldoen aan die hoogste standaarde. Hierdie hout brand nie net langer as ander (Europese) hardehout nie maar die hoë digtheid waarborg ook pragtige kole wat baie lank gloei. SlowWwood se hout word versorg en verwerk in samewerking met die plaaslike bevolkig op die mees volhoubare manier.

Comfort Trade het ’n spesiale Braai-boks saam met SlowWwood ontwikkel. Hierdie volhoubare kartondoos bevat 15kg van die beste Sekelbos hout van SlowWwood. Ons glo dat dit belangrik is om iets terug te gee aan die plaaslike bevolking wat verseker dat ons die beste houtkwaliteit kry. Daarom gaan ’n gedeelte van die opbrengs uit die Braaiboks aan De MAMAS. Hierdie kinderfonds ondersteun die sterk vroue in Suid-Afrika wie se projekte die daaglikse versorging, beskerming, kos, warmte en liefde vir kinders in erge armoede organiseer. Hulle help hierdie weerlose kinders om veilig, gesond en goed opgelei te word.

Lees meer op: www.kinderfondsmamas.nl

Gegewens:

Goudenregenstraat 170
2565 GC The Hague
+31 (0)70 345 56 93
Info@slowwwood.nl

Waar kan
jy dit koop?

Alhoewel braai in Suid-Afrika ontstaan en bemeester is, word dit wêreldwyd geniet. Vir elke moontlike geleentheid, bied Comfort Trade jou ’n braaier wat perfek by die geleentheid pas. ’n Draagbare of losstaande braaier vir die tuin of op die stoep... Of ’n ingeboude braaier vir jou lapa en jou kombuis. Deur middel van ons uitgebreide handelsnetwerk, kan jy die braaier vind wat perfek by jou behoeftes pas. Op die manier kan jy, jou vriende en jou familie ’n braai hou, uit die boeke uit!

Soek 'n
braaihandelaar
naby

Braai is ’n
besonderse
ervaring

Neem deel
aan ’n braai
ondervinding

Bly op hoogte

Bly op hoogte van sake en 
teken aan vir ons digitale opdaterings.

Die Braai Gemeenskap is altyd besig met nuwe tegnieke en resepte. Ons hou u op hoogte van alle nuwe verwikkelinge, van resepte tot lekker kampvuur stories en die plekke om te wees.

    Volg ons ook op: