Nasionale Braaitoer – op pad saam met Jan Braai

Suid-Afrikaners is ’n baie gasvrye nasie. By ’n braai is jy as gas verseker altyd welkom. Hulle dek eenvoudig ’n ekstra bord. En dit geld ook vir die nasionale Braaitoer wat die braaimeester, Jan Braai, al jare lank organiseer. Die eerste paar jaar was hierdie toer saam braai, eet en drink en een groot geselligheid – ’n Suid-Afrikaanse geleentheid. Tot Comfort Trade in 2017 vir die eerste keer ’n kans kry om met ’n Europese span deel te neem. ’n Onvergeetlike ervaring, wat dadelik na meer kom vra het.

Die prinsiep van die Braaitoer is eenvoudig: ’n volle week waar ons saam kan geniet van alles wat braai ons bied. As ons dit dan doen in ’n skitterende land met lekker geselskap, is sukses gewaarborg. Saam met 20 braai liefhebbers uit ons handelaars netwerk, pak ons hierdie uitdaging in 2017 aan. Ons sluit aan by ’n mooi mengsel van kulture, ondanks verskillende agtergrond, het ons een ding in gemeen gehad – ons liefde vir braai!

Elke dag ’n braaier aansteek

Oppad beleef ons die pragtige natuur wat Suid-Afrika ons bied. Ons het dit soveel meer geniet, omdat ons geweet het dat ons aan die einde van elke dag weer saam sou wees op die kampterrein. Na ’n daaglikse voorlegging deur Jan Braai, word die braaiers flink opgesteek en ontstaan daar vanself ’n lekker braai atmosfeer. In die land wat bleik dat hulle braai ontdek het, word ons weer en weer verras met nog meer heerlike geregte wat van die braaier kom. Die geregte was elke keer weer geinspireer deur die plek waar ons ons bevind. En dan het ons nog niks gesê oor die variasie van geselskap, bier en wyn wat ons van kon geniet. Genoeg rede om elke aand weer tot diep in die nag rondom die kampvure te kon vertel van nog ’n verrassende dag.

Gou weer deel van die gelselskap

Die eerste Braaitoer in 2017 was so ’n groot sukses, dat ons ook in 2018 en 2019 met ’n Europese span aansluit. 2020 was sekerlik ook op ons beplanning, maar dit was helaas afgestel. Met skitterende herinniringe van die vorige toere, kan ons nie wag dat dit weer moet afskop. Ons is verseker weer deel van die span wanneer die immergewilde Jan Braai die nasionale Braaitoer weer begin reel!