Goeie
hout!

Sonder ’n vuur is daar geen braai. Daarby kan jy nie verby kom nie. Maar oor watter hout die beste vuur maak en eindelik die beste kole gee, kan ons ure lank onderhandel. Vir Comfort Trade en SlowWwood is daar net een antwoord: Sekelbos hout.

Dit is glad nie vreemd dat ons mekaar gevind het vir die lewering van die beste braaihout nie. Die stigters van SlowWwood kom uit Suid-Afrika en ken die braai kultuur van binne na buite. Saam het ons ’n spesiale braaibox ontwerp met 15kg van die beste kwaliteit braaihout – Sekelbos. Hierdie Afrikaanse houtsoort brand nie net langer as ander Europese houtsoorte nie. Die lae voggehalte sorg dat daar byna geen rook is nie en die hoë digtheid vorm kole wat baie lank en intens gloei. Ten slotte gee die hout ook jou geregte ’n heerlike smaak. Die perfekte hout vir braai!

Duursame Braaibox

Omdat ons nog lank braaiers wil geniet, is volhoubaarheid en sosiale entrepreneurskap vir ons belangrik.SlowWwood lewer gesertifiseerde hout wat alleenlik op ’n verantwoordelike wyse bekom word. Dit alles gebeur in noue oorlegging met die lokale owerhede tesame met die lokale bevolking. Om die duursame karakter van die Braaibox te onderstreep, lewer ons die hout in ’n praktiese en duursame karton doos.

Kyk hier na die duursame SlowWwood Braaibox

Die Mammas

Ons doen ook graag iets terug vir die mense wat direk bydra tot die goeie kwaliteit van ons braaihout. Van elke Braaibox wat ons verkoop, gaan ’n deel na die kinderfonds van Die Mammas. Hierdie vroue gebruik die geld om kwesbare kinders veilig, gesond en goed opgelei te laat opgroei. Met hulle projekte sorg hulle vir ’n goeie wegspring vir kinders wat in armoede grootword. Daarme help ons graag die mense wat goed is vir die hout wat goed is vir braai!

Lees meer op: www.kinderfondsmamas.nl

Tags: