Beef Wellington
Braaibroodjie

By ’n braai verwag baie mense groot stukke vleis, heel hoenders op die spit of selfs ’n speenvarkie. Maar jy kan jou vleis op ’n braaier ook op ander maiere voor berei. Wat dink jy van ’n luukse braaibroodjie?

Bestanddele
(vir 6 persone)

12 snye brood (wit of bruin)
Botter of olyfolie
Biefstuk van jou keuse (ongeveer 300g)
1 tot* Dijon mosterd
1 tot* grove mosterd
6 snytjies gekookte ham
240g Cheddar (snytjies of gerasper)

*een ‘tot’ in Suid-Afrika is gelykstaande aan 0.25ml

Metode:

  1. Braai die steak mesium en bestrooi met sout en peper.  Laat die vleis effens afkoel (10 minute) voor jy dit in dun skyfies sny.
  2. Lê die snye brood neer en smeer aan een kant met botter of olyfolie. (Dit is dan die buitekant)  Smeer die een helfte met mosterd, plaas ’n skyfie ham daarop en daarna die repies biefstuk.  Pak die kaas bo oor en maak die broodjie toe deur ’n snytjie brood bo op te plaas met botter of olyfolie aan die bokant.
  3. Moenie vergeet: Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy pak dus die broodjies in ’n toeknyprooster en draai dit gereeld om sodat dit aan beide kante gelyk bruin word. Die voordeel is dat Flip a Grade se hoogte verstelbaar is sodat jy die perfekte hitte kan kies. Die kaas moet stadig smelt om te sorg dat die ander bestanddele lekker warm word. Jou broodjies is klaar as dit goudbruin aan die buitekant is.
  4. Halveer die braaibroodjies (horisontaal of vertikaal, maak nie saak nie) en dien dadelik op.